Laat aand 3 Aug 2004
Deur Adri van Wyk

Dis 18 grade daar buite kant!
Ek dink die winter verloor sy tand.
Ek kan nie meer wag,
om die somer te betrag!

Ek is so baie moeg vir koud kry
die somer moet ons nou kom bevry!
Here, die winter is seker mooi
maar vir ander ou, nie vir hierdie nooi!

My voete kry in my pantoffels so warm
ek het my voete uit my 4 x 4's gewurm.
Die somer is aan die kom, dit maak my opgewonde
ek tik so vinnig en deur mekaar, ek voel soos 'n blonde…

Here, vanaand kan ek 'n gediggie skryf
sonder dat die tv my laat verstyf.
Vir die eerste keer so onder die geraas
kan ek met U praat sonder dat ek afblaas.

Gewoonlik verloor ek my hele storie
en gee maar aan die tv die glorie…
Ek sukkel om myself nou elke aand af te sit
ek het geleer bokant tv uit te vlieg, wat 'n wonderlike rit!

Filippense 4:13
"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee."

Terug na indeks Epos die skrywer