My beker loop oor
Deur Adri van Wyk

Vader, my beker loop oor
ek gee met my hele hart aan U oor!
Om voor U, Jesus te mag buig
dit laat my elke dag juig!

Hoe meer ek geestelik groei
elke dag word ek meer geboei…
Ek wat verstaan en die Here ken.
Daar's meer vir my, ek kan net wen.

Die Heilige Gees woon in my
en praat met my as ek net stil wil bly.
Ek het 'n nuwe gawe ontdek
maar het dit voorheen nooit opgemerk.

O Jesus help my, om my gawe te gebruik
om U by mense se lewens in te sluit.
vir U is ek 'n offer, lewendige
Maak my op die altaar nie bewerig…

Dis die saak maaklikste ding in my lewe.
Bekragtig my deur U gees en help my strewe.
Help my om die strome lewende water
te neem na die mense so verlate.

Bemagdigde krag van die Heilige Gees
help om my gawes nie te vrees.
Vervul my met U wysheid, mag & krag
om te oorwin, elke dag….

Sagaria 4:6
"Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar
deur my Gees, sę die Here die Almagtige."

Pinkster 2003 Wilgerspruit

Terug na indeks Epos die skrywer