Skinder
Deur Adri van Wyk

Moet vir niemand sê nie, maar ek wil jou iets vertel, gou!
Het jy gehoor, sjoe maar ek skinder nou.
Skinder het die vermoë om te groei.
Daardie brokkie skindernuus het jou geboei.

Lank en aandagtig het jy, "ek sal niks sê", geluister.
So word daar weer in die volgende een se oor gefluister.
En op die manier groei die storie vinnig en verbete.
Die brokkie skindernuus ruk handuit, sonder kere.

Die eens twee minute skinderstorie is na 'n week,
meer as 'n halfuur lank, en tussen in is baie kweek!
Almal weet van die storie party net 'n langer weergawe.
Hoe kry die beginners nou die storie begrawe?

Hier kom nou weer nuwe probleme!
Wie het nou eintlik wat gesê en wie gaan kere?
Nou verander skinder ook nog in lieg.
Iemand moet nou keer, so nou word daar bedrieg.

Bly weg van skinder stories en lieg
anders gaan jy iewers moet bieg.
Skinder en lieg is kop in een mus
en bring gewoonlik baie onrus.

Terug na indeks Epos die skrywer