So Alleen
Deur Adri van Wyk

Ek wil vir jou skryf van alleen wees.
As jy bang is, is ek bevrees
hierdie is glad nie vir jou!
Waarom kan die lewe mens so knou?

In Kimberley sit my wederhelf en verrot.
en ek in Christiana dink dis uiters vrot.
Waarom is mens dan nou getroud
as elkeen sit met sy eie koud?

G'n mens kan op die manier komunikeer
die tien munite praat, keer nie die seer.
Hoe gelukkig is die wat vannag
vir hulle maatjies kan lê en wag.

Wie lê wakker in die middel van die nag
oor die bekommernisse van nog 'n dag!
Met nie regtig iemand om te deel,
want by sy werk is, sy eie verdeel!

Soveel probleme om uit te sorteer!
Soveel mense wat op jou wil teer!
Soveel mense vat die geweer!
Soveel mense kan net nie meer….

Ek is so moeg vir die situasie.
Is dit die toekoms van die generasie?
Alleen wees is nie vir swakkelinge
ook nie vir my die geringde.

Ek glo nie God het ons gemaak
sonder mekaar se liefdevolle aanraak.
Gin wonder die ander slaap rond
tel dan vigs op en raak nie gesond!

Ek voel ook sommer net misluk en siek,
my omstandighede klink glad nie soos musiek!
Dit klink vir my na 'n gekners van tande.
Niemand klap ook nou meer hande….

Terug na indeks Epos die skrywer