Tipsie
Deur Adri van Wyk
Tippe "dog" jy is alte fraai
met haartjies wat voor jou oogies draai.
Jy is ons al twee se kinders
niemand sal dit waag om jou te hinder.
Met jou pragtige blonde haartjies
en ore wat regop staan soos 2 snaartjies.
Bedags slaap jy in mamma se skoenekas.
Jy verdra glad nie die stofsuier se geraas.
As Anna eers die stofsuier geberê
dan klim jy uit my kas, wat 'n affêre.
As ek in die aand by die huis kom
het die kussings op ons bed nuwe duikies bekom.
Wanneer pappa heel wat later by die huis in stap,
gaan jy vir die eerste keer buite om op die gras te trap.
Nou is jy vol lewe en baie laffies,
jy praat met ons in verskillende blaffies.
Graag krap jy jou ruggie teen die koffietafel.
Jy kom sê, as pappa en die kinders 'n geveg ontrafel.
As reël eet jy glad nie veel
behalwe as mamma hoender uitdeel.
As pappa aan die kluis se deur vat
dan vat jy opslag die pad!
Dadelik kom jy vir my sê,
pappa gaan die voëljies voorlê!
As ek eers dreig nou gaan ons bad!
Kruip jy graag weg onder pappa se blad.
Pappa is die gelukkigste man in die land
hy slaap met 'n "blondie" aan elke kant!
Pappa & Mamma se hart se punt, dis jy
almal wil jou baie graag vry,
as hul jou net in die hande kan kry.
Gaan hul jou soen tot daar niks oorbly…