geluk om 'n legkaarthuis
deur Annie

met 'n hand wat effens bewe
plak die storm lang silwer lyne
teen die donker wolke

'n reëndruppel spoeg op die dak
en nog een
en nog een
emmers skuifel rond
elk op sy plek
te gaan staan

in die eenkanthuis
vol legkaartkrake
en pampoene op die dak
vul 'n melodie
die dagbreekuur,

kanariegeelstrale
klim agter die reënboog uit
tel stukkies geluk
oral op die werf bymekaar,
deel dit oor die hele wêreld uit

Terug na indeks Epos die skrywer