Dit mag nie
Deur Blondie
Dit brand binne my
Tog, dit mag nie
Dit laat my goed voel
Dit laat my trots voel
Tog, dit mag nie!
Waarom o waarom!
Hoekom gebeur dit
wat gebeur met ons
Ons is pasmaats
Ons is sielsgenote
Tog, dit mag nie!
Die liefde tussen ons is
Sterk, wederkerig
Ons hou baie terug
Om nie heeltemal
Kop te verloor nie
Tog brand jy om
Alles maar te gee
Oor te gee
Brand om op te hou
Om weerstand te bied.
Here, is dit 'n
Geskenk, 'n gawe?
Of is dit 'n straf.
Ek weet nie
Maar ek het lief.
2004-04-09