Donker seer
Deur Blondie
Dis donker binne my
seer, koud en donker
en my trane lê vlak
baie vlak.
Die donker seer
sluit in my wese rond
en ek huil
warm trane, koue gemoed.
Die diep donker seer
smeek vir nog meer woorde
woorde in reëls
salf vir ‘n seer gemoed.
Maar die woorde
dit wil nie uit vandag
dit is vasgevang
in ‘n web van binne-pyn.
‘n Pyn wat kom wan stiltes
swaar diep verdoemende
kruisigende stiltes.
Stiltes wat dieper wond
as ‘n swaard wat gedraai word.
Stiltes wat dieper word
as ‘n honderd harde beledigings.
2004-06-10