Engel met die swaan
Deur Blondie
Die engeltjie met die swaan
Het sommer van die begin
My hart weg kom steel.
Sy is klein en fyn
Rustig en liefdevol
‘n kunswerk by uitstek!
Klein engeltjie,
Lees die boodskappies in my hart –
Jy kan, ek weet...
Lewer hulle asseblief
By die regte adres af...
13 Maart 2004, 20:10