Elke dag 'n gawe
Deur Blondie
Elke dag is ‘n kleine wonder
Wat ons telkens nie genoeg waardeer,
Maar moet ons eendag daarsonder....
Hoe sal ons dié donker afweer?
Al lyk dit soms baie doelloos
Moet ons nogtans dankbaar wees,
Wat sonder al die genade-seëninge
Is ons eg kinderlik gewees.
1998