My job ... for a living
Deur Blondie

Lewe in ‘n droom
dis wat ek doen
geniet die genotvolle oomblikke
glo alles sal uitwerk
en ek gaan gelukkig lewe.

Bewus van die feit
dat iewers anders
‘n mens is met ‘n groot wrok
‘n woede en haat
teenoor my.

Iemand wat met getroude
gebinde mans lol
so stel die SMS dit
‘n SMS van ‘n identiteitlose
gevoellose veroordelaar.

Sy SMS op ‘n rustige Vrydag
het drome van verskrikking
vir my ‘n werklikheid laat word
want, soos dit lui:
“...my job is killing people for al living...”

En skielik is ek terug
vyf tree terug van waar ek was:
‘n Bol senuwees
stok stywe nekspiere
en nagte sonder slaap.

Wie beheer dit wat liefde ontwaak?
Wie het die groot liefde
in my hart geplant?
En waarom besef sommiges te laat
dat om te wag dalk beter sou wees?

In my gemoed wonder ek ...
Was dit ‘n troue uit liefde
of dalk uit jammer?
Was dit ‘n haastige gryp
om nie op die rak te land nie?

Het sy hom lief gehad toe?
Het sy dalk steeds
of was dit bloot oor hy
saggeaard is –
maklik om pion te maak?

Hoe kan jy gemeen wees
menselewens versuur en
mense vernietig en sę
jy doen dit uit omgee
en bedoel dit goed?

Hoekom ander seermaak
in proses van vergelding
om te veg vir iemand se hart
‘n hart wat nog nooit joune was nie?
Jy kan tog niks verloor wat
jy in elk geval nie gehad het nie?

2005-02-14

Terug na indeks Epos die skrywer