Jy
Deur Blondie

Jou liefdevolle aanraking
Maak my duisel.
Maak dat ek asem skem
Te midde van verwarde emosies.

Die towerkrag van jou liefde
Heel die brandende wonde.
Maak my rou wonde gesond
Soos wondersalf.

Jou liefde is vars
So vars soos vroegdag dou
Wat met dagbreek
Klam aan fyn blaartjies klou.

Soos die emosies hoër klim
Raak die liefde soos ‘n vuur
Brandend en dwingend
Tog stil en vertroulik.

Selfs al bereik die liefde wat
Edel en rein sal dit bly
Soos reën oor Kersfees
Sag en lief, vol vrede en vreugde.

Jy so naby my
Byna volmaakte manlikheid
Jy bewonder my
Vertel my van my byna volmaakte vroulikheid.

Terwyl ek weet jy moet gaan
Weet plig roep jou
Weet ek jy is my wereld
Ek leef net om jou weer te sien.

As jy weg is van my
Soek ek jou in die dag om my
Jy hou my aan die lewe
Verlig die donkerste dag.

En nou, met my oë gesluit
Voel ek jou hand warm om myne sluit
Mis ek jou
Soos ek reën teen die ruite mis.

2004-08-25

Terug na indeks Epos die skrywer