'n Liefde soos die
Deur Blondie

Dis stil,
ons is alleen.
Net ons
en ons liefde
vir mekaar

Geen steurnis
Geen sloerwerk
om te doen nie.
Geen rede om langer
terug te hou nie.

Stadig en rustig
dog gelaai met
emosie en passie,
laat ons toe
dat liefde ‘n slag oor neem.

Vir jou nie ‘n eerste
tog ‘n eerste met iemand
wat werklik omgee,
wat jou werklik lief het.

Vir my ‘n eerste
tog is ek nie vol vrees nie,
ten spyte van die bietjie seer
weet ek dís werklike liefde dié.

‘n Liefde so teer
‘n Liefde so rein
‘n Liefde verbode
volgens menslike standaarde
‘n Liefde so groot.

‘n Liefde vol omgee
‘n Liefde vol vertroue
‘n Liefde nie oor wat jy het nie
‘n Liefde oor jy is wat jy is
‘n Liefde vol aanvaarding.

‘n Liefde soos dié
sal daar nooit weer
wees vir my nie


Terug na indeks Epos die skrywer