Mamma
Deur Blondie
My liewe mamma
Ek sien mamma ly
Elke dag, elke nag
Ek hoor mamma steun in die slaap
Slaap wat eintlik moes verkwik
en moes genees.
Mamma
Ek sien hoe mamma moedig alles probeer doen,
Alles wat vroeër so deel van mamma was.
Mamma, ek hoor as mamma saans as ons drie al lê,
Weer kom seker maak dat alles veilig en rustig is vir die nag.
My hart skeur stukkend vir mamma
Elke keer as pa nie sy verantwoordelikheid nakom
En ek sien hoe swaar dit vir mamma is om kop bo water te hou
My hart skeur stukkend mamma
Elke keer as dit nie wil beter gaan nie
Elke keer wat die seer en siek wees mamma plattrek
So plat dat ons nie aan iets kan dink wat kan help nie.
Ek wens mamma
Ek wens ek kom mamma alles gee wat mamma wil hê
Alles wat ons saam aan kan dink.
Ek wens ons kom mamma se gesondheid terug gee
Gesondheid wat deur die ons nege kinders geknak is
Gesondheid wat geknak is deur bekommernisse
Bekommernisse oor ons kinders .. ..
Mamma bly vir ons alles 'n voorbeeld.
Mamma wat ten spyte van alles
steeds weet Waar die krag vandaan kom.
Wat ons groot gemaak het,
Ons laaste drie alleen grootgemaak
Met die wete dat alles ten goede meewerk
vir die wat God liefhet.
Mamma, ons weet dat God mamma sien.
Hy hou Sy hand oor mamma.
Weet en onthou tog,
Ek is lief vir julle,
Ons is al wat nog vir mekaar oor is
Ek gee nie om om vir julle te sorg nie!
Dit is vir my 'n voorreg en 'n plesier.
God sál Sy hand oor ons hou!
Mamma is vir ons baie meer as dierbaar
Ek is baie lief vir mamma
2001-09-07