Drie klein mensies
Deur Blondie

Klein bondeltjie
Twee arms vol
Rooi koppie met glinster
In die blou-blou oë.
En glimlag sy
Loer splinternuwe tandjies
Spierwit in ‘n reguit lyn.

Vyf en ‘n halwe
Hande hoog
Ligte borselkoppie
Met onnutsige blou oë.
‘n Wêreldwye glimlag
‘n Emmer vol ‘hoekom tannie’
vir elke ding.

Wit blonde hare
Altyd los oor dit ‘cool’ is
Oop en eerlike gesiggie.
Stout blou oë
Wat saam lag en droom.
Onnutsige klein langbeen meisiemens
Met ‘n pittige antwoord op als.

Julle het so gou
So diep in my
Hart gekruip.
Tyd het te vinnig
Na my sin gevlieg.
Ek moes terug kom
Maar mis julle baie.

2005-01-05, 11:40

Terug na indeks Epos die skrywer