Na-nag gedagtes
Deur Blondie
Wakker diep in die na-nag
oordink ek oomblikke saam jou
vertroetel en koester ek
elke klein druppeltjie
van wat ons saam het.
Alleen in my bed
wens jy was hier
sodat ek net ‘n rukkie
in jou arms kan kruip.
Wil met my kop rus
op jou stewige bors
voel en hoor hoe
jou hart klop vir my.
Wil die warmte van jou liggaam
teen myne voel
die liefde in jou strelende
vingerpunte voel.
Wil die rus ervaar
om met my kop
op jou skouer
rustig te raak.
Wens daar was nie probleme nie
wens ek kan jou altyd
en ewig hier hou
veilig en rustig by my
ewig en altyd.
2004-11-20, 22:00