Dankie vir ouers
Deur Blondie
Die Hemelse Vader het ons almal geseën
Met ouers, vader en moeder,
Man en vrou het Hy hulle gemaak.
Die vader van die gesin
Gemaak uit die stof van die aarde
Die moeder van sy ribbebeen
Vader het spiere, sterk arms
En groot, soms skurwe hande
‘n Groot breë bors
waar jy al jou hartseer
uit kan snik.
Met sy hande
Het hy toe jy ‘n seuntjie was
Vir jou ‘n kaskar gebou.
En as jy dit nodig gehad het
Oor sy skoot getrek en dit vir jou gegee
Wat jy na gesoek het.
‘n Moeder het ‘n sagter vel,
Mooi fyn hande wat kan knyp indien nodig.
Verder het sy ‘n skoot
Wat altyd oop is
Vir klein en groot.
Dis haar fyn koel hand
Wat tydens siekte op jou
Gloeiende hoof gelê word.
Wat kos maak en versorg
Waar jy dit nodig mag hê.
Dis sy wat gou jou hempsknoop aanwerk
Of skoolbroek lap voor
Jou vader sien iets is fout.
Dis sy wat nou en dan ‘n rand of twee
In die kosblik skool toe gee.
Ouers, elk met eie identiteit
Is daar vir ons.
Dit is op hulle gebede wat
Jy jou eksamens slaag
Of veilig terugkeer van die army en grens.
Dankie Here dat ons ouers kan hê
En Here, die wat nie meer ouers het nie
Of hulle nooit geken het nie,
Here, wees met hulle en seën asseblief
Elke ouer en elke kind.
En as dit U wil is
Spaar ons ouers om eendag hulle kleinkinders te sien!
Om Christus wil, Amen