So lank
Deur Blondie

In jou oë lê woorde
in my hart die antwoorde
jy vind jou herberg
hier by my.

Solank jy by my is
as jy altyd is soos by my
sal liefde nooit kan stop
sal liefde vir ewig wees
so lank sal ek jou nooit laat gaan.

In die flikker van die kers
dans jou beeld voor my
lank reeds is jy weg
tog voel ek jou so naby.

Jou groen oë
vol liefde en teerheid
lê ek en dink aan jou
wens jy’s hier by my.

Ek het jou lief en
sal jou nooit laat gaan.

2004-11-19, 18:40

Terug na indeks Epos die skrywer