Stof af
Deur Blondie

Stof af en verpak van nuuts
as jy moet
Maar is dit nie beter
om eerder
‘n helder prent te verf nie

Stof af en leef in die verlede
as jy moet
Maar is dit nie beter
om eerder
‘n vry vers te skryf nie

Stof af en verwyt jouself
as jy moet
Maar is dit nie beter
om eerder
die vreugdes van die lewe te sien nie

Stof af en verknies jouself
as jy moet
Maar is dit nie beter
om eerder
te sien dat alles ‘n doel het nie

Stof af en maak jouself bedruk
as jy moet
Maar is dit nie beter
om eerder
die reenboog na die storm te sien nie

Stof af en verwonder jou
dit moet jy doen
Verwonder jou daaraan
dat alles dan beter lyk

Stof af en besef
dit moet jy doen
dat alles met ‘n doel
in die lewe gebeur

Stof af en reik uit
dit moet jy doen
Na ander wat soos jy
opsoek is na genesing

Stof af en ruik
dit moet jy doen
Die wonderlike reuk
van lewe

Stof af en leef voluit
dit moet jy doen
Leef asof elke dag
jou laaste is

Stof af en verpak
dit moet jy doen
die seer uit die verlede
maak dit ‘n fondament
vir die boustene
van ‘n nuwer beter
voluit lewe

2004-07-05

Terug na indeks Epos die skrywer