Vasgedraai
Deur Blondie
Tussen mure vasgedraai
toegewoel in pligsbesef
verbind aan ‘n ander
altyd gereed vir ander se wense.
Geleende minute
gevoelvolle oomblikke
altyd versigtig
vir oë en mense wat vervolg.
Die pyn wat jy ly
priem dwars deur my
laat my wens daar is iets
hoe gering ook al
wat ek kan doen om
als beter te maak.
So lief as wat ek jou het
uitweg kan ek jou wys
namens jou besluit
kan ek nie.
Maar wat jy ook al besluit
ek is langs jou.
2004-11-19, 18:50