Woorde
Deur Blondie

ondeurdagte woorde
in emosievolle oomblik
gelaai met passie
gelaai met vuur

afgemaak as glips
afgemaak as grap
afgemaak as gewoonte
steek seer en rou vandag

en ek wonder
vul ek werklik jou leemtes
of is ek die beskikbare
terwyl jou kop by haar is?

2004-08-31, 12:05

Terug na indeks Epos die skrywer