Allemansvriend
Deur Deon Viljoen
Soos 'n altydbloeiende wydsbeen hoer,
wag die allemansvriend,
die wyngees, om weer
wortel te skiet.
Soos klokslag,
is hy weer gewaarborg,
om weereens, in nòg
'n brose lewe,
amok te maak.
Soos 'n wafferse alsiende profeet,
word nòg 'n dronklap,
se lewe, vir altyd, uitgetap
Van 'n luidkeelse onaardse gedrog
nou tot 'n armsalige wesie op die drankaltaar verneder
ten aanskoue van die magtige, helse, gekskeerder