Alweer
Deur Deon Viljoen

Met ‘n geklingel en geratel,
klak, klak die ou donkiekar verby
Ou Servaas en Meraai
het alweer, sonder keer, stry gekry

So ‘n korte lewetjie deur rusies versmaai
Die doodsengel wink listig om die draai
Teneergedruk, wonder hy, hoe hy
weer vuur, in sy saai bestaan, gaan kry

Terug na indeks Epos die skrywer