Banvloek
Deur Deon Viljoen

O, hoe weerloos,
waardeloos lê ek hier weggesmyt
in die barre banvloekballingskaps-
landskap, myself en verwyt

In ‘n leë, lewelose
wêreld lê ek stadig en wegkwyn - doelloos
dwaal ek as nuttelose,
nikswerd weggooimens rond

Was ek nie eens ook deel, van die
ewigheidsverbond nie?
Hoe is dit dan moontlik dat ek hier bebloed
van menswees weerhou word?

Hoeveel bloed sal ek nog moet stort?
Wat gaan dan van my word?

Terug na indeks Epos die skrywer