Bizar
Deur Deon Viljoen
Dis asof die duiwel
uit weerwraak, bloeddorstig my siel,
probeer beetkry.
Bietjie vir bietjie, probeer hy my psige
binnedring,
om sodoende, sy bizarre plan, te bewerkstellig.
Vleiswonde getuig van ‘n vodde,
verwronge siel tot breekpunt vertrap,
van alle lewensmoed getap.
Hier waar ek in ‘n bodemlose put
ronddobber,
lê my verlossing nogsteeds slegs by God