Deurloop
Deur Deon Viljoen
Karmosynrooi wangetjies
poog vergeefs om haar skaamte
te verbloem
Met oëtaal probeer sy liefies
randkoekgaaf haar wese, haar leemte,
selfs haar nooiensvan, na hom vernoem
Rafelliefde word met haar tabeetjies
wanhopig, wantrouig,
selfs slaafs, aanbid
Is daar iewers onder sy skelm dekleed
vir haar hoop?
Of gaan sy maar soos
vele ander, geneëntheid of te not,
kalbaskop onder sy skurkstreke
moet deurloop?