Diep
Deur Deon Viljoen

die musiek sny diep in my wese
se verskuilde gemoed
terwyl armoede, ellende, ewige

pyn steeds woed
agter glimlaggende masker,
lyk alles egter steeds goed

smart net soos die see,
kan ek nooit ophou voortbeur
probeer hard, om àllès te gee

lewensvuur lank reeds
miskien verewig geblus
deur onaardse moed, aan die slaap gesus!

Terug na indeks Epos die skrywer