Diep (2)
Deur Deon Viljoen
Die geweeklag rondom my graf
brand diep,
diep in my onsigbare sielsgemoed,
verwoed
Elke greintjie hoop finaal verloor…
Vergeefse goedertierendheid is deur ‘n gulsige duiwelsstroopparty
afgerokkel!
Alle moed en durf is nou verewig tot niks…
verbrokkel!