Drenkeling
Deur Deon Viljoen

Diederjare se lewenswyse,
het hopeloos gefaal,
en my in 'n donkerblou dimensie
laat daal

Van jou, van die węreld,
van die realiteit ,
en van 'n utopiese bestaan gedistansieerd,

het ek gesorg dat ons die lewe haat!

Met doelgerigte lewenslus,
onder 'n kleurvolle liefdesvaandel,

wuif ons, egter nou dič dolleë bestaan, vaarwel…
God het ons nie verlaat!

'n Drenkeling, gered! …
Kort voor die uurwyser twaalf kon slaan!
Saam kan ons nou sommer weer met lus,
die toekoms, ingaan!

Terug na indeks Epos die skrywer