’n Hardkoppige mens
Deur Deon Viljoen
Die geklingel van die doodsklok vervaag in die agtergrond,
waar ek in dimensielose swart
wegdryf …stadig wegdryf
na my nuwe verblyf
‘n Verskoppeling
verewig vasgevang
in bodemlose smart
Daagliks deur die duiwel self, getart
‘n Deugniet
verdoem tot ewige verdriet
So verdwyn ‘n hardkoppige mens, -
vir almal, in die niet