Die ou klavier
Deur Deon Viljoen

Statig staan die ou klavier
eensaam, teen die muur.
Soos die grasieuse vorme
op sy hout uitgekerf,
wys hy ook nerwe
van ‘n verinneweerde mens,
wat ook moet sterf.

Net so wys my ou lewe,
letsels van ‘n hartseer verlede
en sal ek ook maar eendag, ongetwyfeld,
die dood erf

Terug na indeks Epos die skrywer