ek verlang te veel
Deur Elmarie Ehmke

ek smag te veel
ek rook te veel
ek drink te veel

my vriende is te besig

ek dink te veel

my lewe is nutteloos soos 'n opgebruikte asemteug

My God !
dit is
verlate
om so eensaam te wees

ek wil liewer 'n boom wees
wat opgebruikte asem nuttig

ek wil kaal staan in die veld
vry eet aan die son
drink van die wind

ek wil 'n rugstut gee
vir te veel mense
wat hier kom sit
om eensame drome te droom

elmarie ehmke ( 09- 07- 05)

Terug na indeks Epos die skrywer