winter
Deur Elmarie Ehmke
hierdie grou dag se lig word te gou oud
die lou son word te gou koud
die witstinkhout bibber kaal
die wind huil sy ys heid honderd maal
die dor wit gras bewe 'n dodedans
gaan tot niet in vlam en as
die maan is moeg
die nag is te lank
die sterre vlug koersloos
nag na nag te vroeg
die aarde bars soos droë lippe oop
warm rooi
huiwer
die opkoms van die son
die aarde draai langsaam om
loop mank
in hierdie wees seisoen -
Maar Era neurie
'n wiege wiege lied
haar spruite hiberneer nog
slaap vas
in 'n droom lose slaap
elmarie ehmke ( Julie 2005)