Beloftes
Deur Emmie Els
Jy belowe en belowe om vir ons te sorg
Daarvan kom net niks
Nie 'n sent nie, nie 'n brood nie
Net mooi niks
Ons vergaan van die honger
Maar dit kan jou nie traak
By jou ma sit jy agteroor en vreet soos 'n vraat
Waaroor sal jy jou dan bekommer
Jou sak bly vol nie 'n sent word gebruik
Want vir my het jy getrou om my te gebruik
Die paar sente wat ek verdien
Moet ek jul almal mee voed
Vra ek 'n geldjie moet ek dit by jou leen
Want geld is jou God
Op ander kan jy spandeer, dan is dit niks
Wat 'n goeie belegging op jou buurman se vrou
Met klappe op jou oë gaan jy die lewe deur
Met jou beursie goed toe gerits
Niks en niemand ontsien jy om jou sakke te vul
Maar alles het 'n einde, die noodlot draai
En jy sit in sak en as.