Ek is die Here
Deur Emmie Els
Ek is die Here
Ek is jou God
Ek hetjou geskape
Van kleintyd af het ek jou gedra
Jou gedagtes en leed
Het ek met jou gedeel
Jou vertroos en gedra deur
Die Heilige Gees
Luister na my roepstem
Ek sal aanhou
Tot jy luister
Hoor jy die geritsel van die blare?
Hoor jy die geruis van die wind?
Daarin sal jy my stem kan hoor
Ek is in jou, om jou elke oomblik
Elke asemteug.
Elke snik elke dag
Ek is jou Vader en Leidsman
In my vind jy genade en krag
In jou verwarde gemoed
In jou hartseer en pyn
Sal ek jou vertroos in die Heilige gees
Ek sal altyd by jou wees
Jou onderskraag dag na dag
Maak net jou hart oop en luister.