Ek Wonder
Deur Emmie Els

Ek wonder
Ja ek wonder
Hoekom die lewe
Altyd sy gatkant na my toe draai.
- Alles mislik met niks word ek wys
Waarheen moet ek my wend
Geen sterfling stel belang
Om hulp te verleen
Aan 'n eensame wese
Wat nie meer wil lewe
Niks kan my verder traak
Wat die mense oor my wonder
Ja al wat ek doen is wonder
Hoekom die lewe
Altyd sy gatkant na my toe draai
Na wat moet ek strewe
Vir wat moet ek wag
As alles doelloos rond swewe dag na dag
Bly ek hoop en wag
Op die wonder van liefde en lewe
Op 'n liefde so mooi
En 'n lewe vol prag
Niks is vir my beskore
Alleen in my eensaamheid
Sal ek net smag
Na rus, vrede en hoop
Na alles wat nie vir my beskore sal wees
Die lewe gaan verby alleen en koud Word hy gevind
Uitgestrek op 'n bank in 'n verlate park
Verlos van alles waarna hy so hunker
Niks sal hom meer raak.

Terug na indeks Epos die skrywer