Haat en Nyd
Deur Emmie Els

Haat en nyd loop hand om die lyf
Gebore uit wraak en wrok
Jou siel is toegedraai
In 'n rol doringdraad
Nêrens kan mens aan jou raak
Jy stoot mens weg
Jy jak my af
Wanneer sal jy ooit weer lag
Wanneer sal jy my weer aanraak
Wanneer sal ek weer die liefde in jou oë sien lag
Wanneer sal ek ooit weer hoor
Ek het jou lief
Jy maak my seer
En raak dinge kwyt
O mens wie is jy
Om Gods werke te verag
Wie is jy om my liggaam te verag?
Vergeet die uiterlike
En kyk na binne en sien die mooi
Van my liefde wat na jou smag.

Terug na indeks Epos die skrywer