My hart se tuin
Deur Emmie Els
In die middel van my hart se tuin
Staan daar 'n boompie
'n Roosboom vol van prag
Met ses roosknoppies aan
Jaar najaar het dit geblom
Soveel vreugde vir ons gebring
Elke dag dank ek die Heer vir soveel prag
Die liefde wat ons ontvang,
Verbly ons dag na dag
Toe op 'n dag ontluik een roos in volle prag
So mooi en sag, vol liefde so bemind
o Heer toe pluk u hom,
en neem hom saam am u Hemelse tuin te verfraai
Vyf rosies treur oor die een wat moes gaan
Dis donker dis nag
Nerens brand daar 'n lig,
voor op ons pad
Ons harte is stukkend
Ons wil geknak
Die seer sit diep die trane vloei
Hoelank sal ons nog treur?
O Heer bring ons vertroosting
Gee ons die krag
Droog af ons trane
Laat ons weer lag.