Jesus roep jou
Deur Emmie Els
Jesus kom na jou
Waarom kyk jy angstig rond?
Jesus sal jou nooit begewe
Jesus sal jou nooit verlaat
a! moenie twyfel in die Here
Moenie val en daar bly lê
Jy moet opstaan vir die Here
En altyd op hom vertrou
Jesus roep sag, luister na hom
Hy wil jou hand houvas
Deur die donkere nag
Hy wil jOu aan sy boesem hou
Die vrede en genade skenk
Waarvoor jy so smag
Jou omring deur sy Heilige Gees
Jou lei op weë so soet en sag
Jou oplig as jy val of struikel
Alle twyfel in jOu verban
Aan jou die genade skenk
Vol liefde en krag
Hy's ons God en regeer oor alles heen
Jesus skenk jou alles as jy net sal luister
En uitreik na sy woord
Dan sal vrede oor jou daal
Met hom in jou lewe
Want jy is en bly sy kind.