Sal jy luister
Deur Emmie Els
Sal jy luister?
As ek vir jou fluister om my gedagtes te deel
Sal jy luister as ek vir jou
fluister van die hartseer en pyn
Sal jy luister as ek vir jou fluister
van die liefde so groot
Wat my hart kan verbrysel en swaar is in my gemoed
Sal jy luister as ek vir jou fluister
van die wonder so groot so almagtig en mooi
Sal jy luister as ek vir jou fluister,
ek wil jou met my arms omring
Vir jou vertel van my liefde so groot
Sal jy luister as ek vir jou fluister,
moet my nooit nie verlaat
moet my nooit nie vergeet nie
moet my nooit nie verstoot nie
Sal jy Juister as ek vir jou fluister
om op jou antwoord te wag
Of sal ek maar aanhou fluister,
En wonder of jy na my sal luister?