Reent
Deur Emmie Els

Bliksem strale
'n Donderende slag
In 'n maanlose nag
Digte donker wolke maal
En maal om saam te pak.
Ademloos is die stilte
Wat op die storm wag
'n Veraf gedruis en reen op die dak
Geute vol water wat bruis en lag
En uitspoel oor grond en gras
Honger drink die aarde
Aan die lieflike reent
Vul al die holtes en dartel in stroompies
Iewers heen
Die dag breek met voëlgesang
Die kalwers is uitbundig
Bokspring en speel
Alles juig na die lieflike reent
Jy ruik die grond en die swart
Gebrande gras
Adem dit diep in jou longe
Skoon is die lug sonder enige wolk
Helder skyn die son oor alles heen
Wat 'n lieflike gesig
om Gods werke te aanskou.

Terug na indeks Epos die skrywer