Verlossing
Deur Emmie Els
Weg is die hartseer
Weg is die pyn
Alles is een Sonneskyn
My las is lig
My sorge kwyn
In my brand 'n lig
Van genade so groot
In die geloof word ons sterk en groot
Vind die genade en liefde van ons liewe Heer. Hy neem jou hand
Lei jou oor struikelblokke heen
Daarom is my vertroosting so groot
Dankie Onse Heer.