Eerste liefde deur Elsie Smith Daar was nog nooit iets mooier en skoner op aarde Selfs die herinnering is van onskatbare waarde Daardie eerste gewaarwording - hy hou van my Sal definitief vir ewig en altyd by my bly. Saam het ons gaan kyk hoe die son opkom Voor die wonder van eerste liefde skoon verstom Later toe ons gaan stap langs Jeffreysbaai se strand Het hy gese ek hou sy hart in die holte van my hand. Na twee onvergeetlike dae moes ons terugkeer Vir maande daarna het ons gekorrespondeer Sy pragtige briewe het ek hongerig verslind Dit dan aan my hart gedruk soos 'n gelukkige kind. Die mooiste woorde het ek oor sy lippe gehoor Hoe kon hy dan so gou belangstelling verloor Hy sal heel waarskynlik met iemand anders trou Al wat ek het, is 'n n foto waar hy my styf vashou.