Nodige liefde deur Jaco Smit Jy is my moderne motor se goeie petrolverbruik Jy is die een wat agter my gesondheid kyk Jy is my vinnige vierwielmotorfiets Jy is die een wat my werksklere kies Ek het jou lief, ek het jou nodig Jy is my węreld wye web se soek enjin Jy is die een wat my aan die slaap kan sing Jy is my geduldige goue kredietkaart Jy is my lang verwenste luukse bootvaart Ek het jou lief, ek het jou nodig Jy is my arme oorwerkte bakkie Jy is my metgesel wanneer ek wil sakkie-sakkie Jy is my kragtige kompakte skootrekenaar Jy is die een wat my van nalatigheid bewaar Ek het jou lief, ek het jou nodig Jy is my naaste wat ek lief het soos myself Jy is die een wat saam met my vir gemors sal delf Jy is my GPS vir al die lewe se kronkelpaaie Jy is my lewens liaseerkassie met al die laaie Ek het jou lief, ek het jou nodig