Nita Booyse GEDAGTES AAN JOU 'n Helder blik wink op na my strydgedagtes Met dowwe oë onthou ek jou donker silhoeët Verlang ek myself tot teenaan jou Smag ek na die noue sirkel van jou arm ..jou soekende mond Kleef die angs van wonder aan my gees Soms weet ek jy is daar maar dan die strawwe werklikheid ons sprokiespad, 'n toegegroeide onkruidbos Hoe sal ek ooit weet Hoe jy werklik oor my voel ...want die stilte verf 'n styfheid aan jou wang