Hande deur Irma Smit Hierdie hande vas aan my lyf het al baie deurgemaak, kan baie beskryf... Van kleintyd modderkoekies bak, of sommer net popkleertjies regpak. As tiener sit en "doodles" teken, in my dagboek te skryf.. van eerste liefde wat so seermaak ma en pa wat my nie verstaan... kamerdeure in frustrasie en hartseer toeslaan. My hand in syne, voor die kansel ek wil jou hê, vir ewig, altyd... Belowe my trou, o Here, nou is ek spyt! Ek bly jou vrou, maak nie saak wat, ek is nie 'n lafaard..daar is 'n kind oppad. Donsige babakop teen my bors, hierdie kind les haar dors... gee my vertroosting as ek aleen in die nag haar pa probeer soek. My hande vee kindertrane af ek word waarlik vrou word weer mamma en daai hande word weer reg om baba vas te hou. Tyd loop stadig, maar ook te gou, gebruik die tyd om naaldwerk te doen, te bak en te brou. Streel oor 'n rewolwer, want ek wil nie meer baklei teen die donker wat die hele tyd om my kop rondvou. Die engele bewaak my, die rewolwer word neergesit, Irma, jy moet vir jou kinders aanhou!!! Ek ruk sy hande...Jy kan dit nie aan my doen!!!! Hoekom moes jy siek word? Ek help hom in die ambulans, streel oor sy warm lyf. Bid oor sy gesondheid... twee dae later verloor hy die stryd. Skryf my finale vaarwel, hy was my soulmate, after all... twee kinderhandjies in myne verstrengel Staan voor daai kis... "Mamma, hoekom is Pappa by Liewe Jesus in die hemel? Wanner kom hy terug?" Na als is my hande nog deel van my, deel van my as vrou... Jy wou weet wat my hande kan doen? My hande is daar as vrou, as ma, as 'n expression. Ek gebruik dié einste hande as ek praat en as ek hartseer is, om af te vee die spoor van trane. Hulle vertel 'n storie, van verskuilde passie om 'n warm pad oor sy ligaam te laat, om hom te wys hoe warm hy my maak ________________ Nota deur Irma: Ek is 'n weduwee vir amper drie jaar nou, en die gedig is oor my hande..dit is nog nie klaar nie, want my lewe is nie klaar nie!!! jy kan maar sê dit is 'n to be continued...