Bikinimooi! deur Carolus Sy lê daar uitgestrek op die sand so tussen die sambrele kop agteroor, son se strale in te asem en verbruin Sy lê so weerloos en so ryp geteken met kontoere en sag die prentjie trek die oë onbewus lê sy en gryp die strale op haar vel Weer en weer sien ek haar raak feitlik elke dag word my oog getrek om te kyk en waar te neem die jonkheid en die droom Wie is jy sug my hart ? Waarom nou al so volmaak? Groei die mensdom reeds so vroeg? Om van meisies so perfek, te vorm en te neem, Die jonkheid en die droom? Waar dan heen my skoonheid van die sand? Wat volg nog op jou pad? Ma se dogter word nou groot; Pa se kind is klaar groot! Sal dit ook van jou gesteel word; die onskuld en die ideale? Soos nou die nag in Margate se strate; die enetjie met die lag? Wag daar op jou `n woord soos verkrag? Hoe ver nog vra my siel; moet kinders boet; vir oorle pa en ma se saak wat in elk geval lankal kaal gestroop staan in die kiel! Tyd vir opstaan en verstand ruk my hart tot teen die rand; van kwaad wees en verset, teen onreg en die smet van geverf word met die roes waarteen geen wet jou tans beskerm; ja, was dit maar nie so, dan kon mens aangaan en glo dat dinge uit kan werk en almal gelyk kan trek aan die wa wat ons moet dra na more, oormore en daarna. Blootgestel lê sy daar hoe ver nog my droom; hoe ver nog na jou paradys van skoonheid en geluk, kan mens verwag dat lewe sterk en skraal, die uitdagings gaan inhaal? Nota: As jy voel jy`s oud - gaan was liewer jou hande daar mag `n fout wees!