INK GEDAGTES deur Deon van Wyk Aan die einde van my pen se punt, sal jy die begin van my gedagtes vind, op die wit papier waar woorde sink, in n pulp woestyn wat dors na ink. Van voor tot agter in lyne geplant, is jy geplot in n hart se brand, blink is die naald in die lig van die kers, wat hekel en brei aan 'n droom kombers. My beker loop oor van dit wat brou, telkens as die woorde jou skouers omvou, sonder dat jy weet is jy ewig hier, in die ink geskribbel op my wit papier. Stil wonder ek dan hoe dit sou lees, as my woorde ook deel van jou kon wees, is dit die antwoord wat ek nooit sal weet, of jy wil onthou of sommer net vergeet? Nota: Is iemand wat daarvan hou om te soek en te beproef, so ruk en pluk, trek en rek, skei die koring van die kaf en los my met die goeie!