Verskeidenheid werke deur Louinne Die mis Ek lig my koue hande om vir jou oop te maak. want die mis le vlak in bondels ontbinde winter voor my deur Maar memories van my en jou en herfsblare wat rittelend om ons vou tol ververby in die wind anderkant my venster. Die koue is erg hierdie jaar. Die winter net soos al die ander. Maar die ergste is die mis die mis en blare wat saggies deur my val. Die mis lê vlak in bondels ontbindte winter voor my deur. "Woorde is die weë na die hart, waarmee mens tastend na ander mense soek." Fraterniseer-cool woord Nes sy Op hierie winterse namirrag skets die lig die wolke spikkelwit teen die rookvaal lig so dydlik dat ek da an wil raak of swem innie onmoontlike verdrinking van lig: soos sy sal ek wil gan my verdrink ini middaglig om skemeruur wanni die dag stiller wort en moeg teen die bulte leun lig my dan yt die bestaan lig sonnir naam (Nie n selfmoordpoem nie, mar net thoughts wat di kop deurmikruis wanni mens so na die wolke staan en kyk) Ongetiteld Dis orals dieselle Die see spoel in, die see spoel uit en vidwyn innie sand In die spasie van tyd Die son vra nie vrae nie en die maan ego nie antwoorde nie. Mar skielik, oornag skrik ek wakkir met loodskoene en hande van asem, 'n gevoel wat stadig groei soos 'n begrafplaas in die sagte reën Soms kan ons mekaar red, mar soms is ons soos wilgerbomebome aan weerskante van 'n besige stroom Met lowergroen takke vol blare. Dan sien ek hoe die seisoene halveer en my blare roer in die bries My woorde val om jou te keer mar die strome rol rond in my kies. . Skielik sonder jou . Snags bons boshase verwilderd op ons kamerstoep rond en vra my in angs na jou bestaan. Sogginsvroeg wanneer die winterson skemerskaam sy kop ontbloot hoor ek die voels dierverlate krete roep Sal jy tog met jou skielike wegtog vir my in herinnering agterlaat, andirs as die skewekaal huis waarin ek wakkir le tot laat. Smiddae voed ek die honger bekke van ganse wat aan ander behoort, ook hulle rek hul nekke wanneer jou afwesigheid in die dam verbystroom. O God gee my woorde. Genoeg om te bestaan. Gee my louwarm arms in die oggend 'n Gloeiende lyf in die aand sodat ek tot rus kan kom en 'n Stem om aan die slaap te raak. Nes kalk plak woorde aan my vas. my bruisende Geheue spoeg liters asyn wat die troebel laat verdwyn. Mindskets Ek soek n pen het ek gesê en met ink Hom in my mind ge-ets, Hy lyk nes jesus in die bed Sy vingers perfek ge-skets, sweterig Sy palms met willewarmlokhare en n lyf wat weet hoe om vas te hou. Gerookte blou oë wat my siel dronk deursoek, Sy lyf n atlas wat my sonder kompas roep. Ek wou verdrink in Sy woorde,Sy lippe, Sy taal, verdrink in Sy hart simbaal. Maar soos Jesus het hy opgestaan en weggevaar my alleen gelos in die verhaal. Ek soek n pen het ek gesê en die maal nie weer my hart verlê. Resisteer Hulle sê more lyk koud Maar die koue wat al maande lank gletsers maak hier van my hart het my immuniteit versterk teen jou koel skemersonsondergange en sy winterbabyblues Vir julle wou ek warmwolsokkie toedraai voor n kaggelvuur my lyf soos wolkombers om julle vou in die oggenduur Maar soos hulle sê more lyk koud en my lyf resisteer al meer en meer... Bipolêr Moet jou nie misgis as ek perfekvermom verby jou hop-galop en duisend smiles ooral oor jou kop uitstort, want die hemelse bliss bly nie gewoonlik onuitgewis en als eindig in 'n bipolere twis Net die sterre As alles om my klein raak verskiet daar sterre in jou oë Sien ek hoe jy op vlugte verder ver van hier my wêreld fyn maal en ek in wonder lê en staar As alles om my klein raak bly net die sterre in jou oor Tongsleep Ek het 'n afstootlike probleem My tong glue in my mond vas as ek in lippetaal wil kommunikeer Ek sal dan maar in verstotewoorde hier oor jou sit en ween Net miskien Ek weet jy dink ek het jou nie lief nie en ek weet ek mag dit meer nie sê nie maar al sou ek nie kan almal dit sien Ek glo in die liefde binne my en binne jou ek glo in die tye wat ons saam omvou is ek die enigste wat oor ons berou? Ek wil nie dinge kompliseer nie en ek wil ook nie vergeet nie ek gee nie om of jy dit alreeds weet nie Ek glo in die liefde binne my en binne jou ek glo in goeie tye wat ons saam sal hou is ek die enigste wat oor ons berou? Ek weet jy sê mens kan nie omdraai nie en ek weet jy sê jy sal nie terugblaai nie maar Ek glo in die liefde binne my en binne jou ek glo in die tyd wat om ons vou is ek die enigste wat hieraan klou? So, sou ons mekaar dalk weer eendag sien sal als wat was nogsteeds hier wees. En as ek jy my weer eendag sien sal ek laat gaan maar net miskien . Tornado Ek in my toring jy op jou wolk Nes die wind jou nader waai maak ek 'n tornado van jou hart Sodat jy al kolkend verward deurmekaar verdraai al verder weg van my af kan waai. Torringland In torringland vra almal my wat makeer en rafel my uitmekaar Maar hier waar ek nou bly met nie een van julle aan my sy kan ek my gaatjies toeryg Met kabouters wat heel kleertjies dra en geen vragies vrae... Humming-bee Jys mooi sê sy met haar heuning oë en herinner my aan i bysteek en skurwe korf vol soetigheid wat drup van lekker lyk. Humm-humm.... Clubscene Die flikkerligte blits aan en af in al die kleure van die nag dogmatief ritmies dans al die lywe op en af. Verseker verstaan ek nou hoe dit emosie opbou sodat laat in die nag volgepomp met liters wyn al die paddas dan verdwyn.... In denke(1-5) Vrydagvervreemd (1) Ek ken jou nie meer nie Nie soos vroer nie. want jy het vaal geword In die uurglas van tyd is daar nie meer mooi nie. Niks om meer te sien of te ontplooi nie My vrydag. Jy het jou krag verloor Groot geword in Sondag se spoor. Die kussing op my bed...(2) My kussing mis jou as ek snags vir 'n oomblik in droom die bed verlaat. Angels...(3) Die perrebye steek aanhoudend keer op keer wanneer sal my hart dan leer om die angels weg te keer. Ritelon(4) Ek wil jou he... ...Ek gan jou kry Kla ver by my verby. Hartedief(5) Jy le in perfekte doos by my voordeur en wag Jou aardse besittings netjies ingepak... Saam met die brief vir die hartedief. Gesprek In jou my taal my bliksemstraal In jou my tong my hier belong In jou my skryf my woordverdryf Babbelpoem "Diep diep in i donkerbos waar die son net soms deur die takke loer" Da het die liefde my heen ontvoer.... Feetjie het i dwergie gevang mar hy het na sy land vilang.... (nota: saans wanneer ek babalela stories aan my kleingoed lees...kan ek nie help om te wonder ...wat word van die feeverhaal wat elke klein dogtertjie oor droom...wa is al die prinse heen?.) Dope Daar is dampe in my kop waar die nagte hoog galop-galop... Poems vir die Pilgrim wat my pad gekruis het 1-3 "pilgrim" In Caravanparks oppie eensame agterseats van 'n gebroke droom, breek jy deur die hartseer chaos van teleurstelling Jou gisters het jou ryk gemaak, Jou mores skyn blink annie sykante van gehoor... En wanneer die maan sy ligstrale versigtig oor 'n donker verlede trek, leer jy in onskuld weer die doel van jou bestaan. Sagte Pilgrim, Kampvegter vir reg, Jy maak al die hartseer weg... die promise 1 Wat gister gebeur het maak nie saak nie, al het ons nie nou raad nie Kom vandag met nuwe sonneskyn help ons dat ons liefde nie kwyn In jou en my en ons In trou en vry en frons Hiers my promise my lief jy bly my hartedief Die ring...2 Vasgebrand het jy jou ring verpand Tussen hier en daar lê ons soulconnection verwardverstar in sy rejection Jys 'n Poet my ding en ek het jou ring Mag ons eendag weer saam hierdie sprokie sing Onstmet...3 Ekt jou ontmoet in wil vergete Ierse straatjies Jyt jou begrafnishart in die palm van my besmette hand neergelê met al jou hoop op ver trou opbou,onthou... Getrou jou history met my meegedeel terwyl ek sag-sag oral oor jou uitskree: "Ek het jou lief my hartedief ek wil jou he, sal my by my kom lê." Mar op i vuil skemersmore toe my oê toegeswel in my past vaskyk het ek jou liefde begrawe vir i leeftyd se jare Mag ek,wag ek ligter egplain mag jy,wag jy, nooit-ooit vidwyn Tin-bortion Ek kan nie help om te wonder hoe jou hart moes klos klop in daardie onsigbare oomblik toe masjien met suigtande bo oor jou ry en net die thaught van jou in my agterbly (opgedra an my vriendin wat eendag net soos ek nog sal terugkyk en wonder...maar nie praat nie.) Rookwals Slingerend,mirmirent Woordspoeg hartswoeg.. I swangervuur Innie oggint ier Rooiwyn en kaggilvlys Vlamskets..goudrest Winterknaag I somervlaag, (Kout? Tog nie..) In (rollende bollende)sirkils.. passies nadir annie.. walms vanni hart Ashes to ashes Lust to dusk Vlikvlak ons bitterbalk . Swyg hygend Whispers in the night Bodies on flight Houtwesp wat klak-klak klets Tergen-tergend nadir sosie vloei van wyn Ritmies vidwyn Sag-sag kwyn. Soutpansberg. (sielsreinigend sout vannie aarde) jy sit in elke vrug, elke stadverwurg... My soutpansberg... my weirdvererg. OU VRIENDE In geleensteelde arms toegevou omhels deur i annir se kwas. Jy die ewige ontrou. Hoe lank nog hie an VAS? Spy......... wip-waps,sloer kaplaks.... Nes ek sy verskynig maak spring jille amal ommie hoekie, Net daar wa ek jille nie soekie! Off the menu i know. i know i don't need i know i don't eat i don't order off the menu i dont' order the menu i don't order i don't Dink... Dink met jou kop. "grootgeword permanently innie hok dink vi is lag eers met jou kop". speelwoorde,deelwoorde, hart galop-galop.... jy't gesê jyt gese dat jy my wil he toe jou rug gedraai en van my vergeet jyt gese dat jy my sou kry toe net daar vir my verly jyt gese.... jyt gese jy sou vigeet jyt gese ek sou kon keer hoet ek dit ni toe al leer.. Brandende verlange (1-5) 1. ek klou . jou woorde in my mond vas en ek skep herinneringe daaruit maar die herinneringe spoeg vure van verstoting in my op en wanneer ek my mond slyt verdwyn jy . 2. Ek staan voor jou deur en ek klop mar jou antwoorde ego hol simbole hier in my kop . Jy hoor my maar antwoord nie ek draai om en smeek myself. 3. Die dae te kort Nagte te lank En elke minuut groei Skemer in my hart .. 4. Ek voel jou hart klop in my are, Ek sien jou oë op my lewe Ek hoor die ego van jou stem Brandend deur my kop .. 5. Dae hardkloop Soos maande Deur my hart, Ek kyk deur jou oë Na die maan daar bo, En beleef weereens n Poëtiese oomblik, n leeftyd van verlange Pappaprins... Ek skryf vir jou hierie gidig, Omlat jy geen ordinerie pa is nie, Jy is nie, want jys annirs, En al mag ekke jou nie yntlik Jy of jou noemie, Weet ek jy sal vistaan, want Jys geen ordinerrie pa. Ek skryf vir jou om thanx ti sê, Vir memories, en goet wat mooi is, Goet wat ek onthou, En goet wat ek al vigeet het. Vir allie mooi wat jy vi my gileer hit. Ek skryf oorlat ek bly is, En oorlat ek wil hê jy moet dit weet, Want voor jou staan I dogtir Wat dink sys goet gileer. Ek Skryf oorlat ek groot is, En baja meer dingi nou vistaan, Soos hoekom jy gisê het ek moet gan blaas wannir jy opgigee hit om ti raas. Hoekom jy my wee vigewi het, En hoekom ek jou nooit kan pla . Pappa, jys geen ordinerrie pa nie, Jy, kom yt I Fee virhaal Verbrande toast Jyt my doodgewone lewe ongedwonge aangeraak, En nou dink ek aan jou as ek opstaan, ek dink aan jou wanneer ek gan slaap, Maar jou stem klink ver in my drome, Jou gesig is wasem teen my stort se muur. Ek proe nounog die bitter-soet van ons toast se smeer, My tee proe laf, Die botter is klaar. Jy lê ver van gister af, Nog verder van vandag, Tog sien ek jou gesig, Ek vat daaraan as ek aan jou dink. Jyt my gedwonge en ongewoon aangetas, Want my denke draai sirkels om jou hart, En ek skryf oor jou as ek opstaan, ek skryf oor jou Wanneer ek gaan slaap. Wys my die pad van hier af, Want jou kronkel loop duister woorde om my hart, En ek bloei lente bloeisels rooi van seer, Kom en gee my meer "swing" Gooi jou, en gooi my Van kant tot kant en Heen en weer, Stil gepraat en Aan die gang geskree, Vergeet ek, en vergeet jy, Van herinneringe en verwikkelinge, Van gister en van more, Soen ek , en soen jy Ons toekoms in met andere. Marjorie en jalousie Magrietjie, Magrietjie Jy met jou fyn beduiwelse voelertjies Wat heeltyd aan my son bly vat Jy wat een oggend jou vlerke gesprei het En in al jou volheid lewe probeer vind het. Jy is groen want ek is nie, En geel want ek is hier, En jy is nie. Magrietjie, Magrietjie, Ek het jou gedroom Waar jy in hierdie woestyn vol water, My laaste stukkie son kom steel. Ek sal nie veg nie, en ek sal ook nie skree, Want jy mag maar probeer. Jy is dood want ek is nie En weg want ek is hier, En jy is nie. Getroue Owerspel Hoe verwurg sal julle in mekaar se seer bly staar Hoe koud en hoe vol haat, Wat sal die woorde prikkel En wat sal die woorde staak? Ek het laat laasnag gelê en wonder Hoe man tot man My toekoms sou besing En gedwonge het ek aan die slaap geraak, Want hy sal stilbly En jy sal raas Huistoe kom Jou goed vat En by haar gaan slaap Jy mok my Swaai, swaai, my hart swaai om joune, Net in die diepste stiltes van die nag voel ek jou nog aan my vas, Jou lyf met kannas, Jakob-regop in my en sonneblomme op jou oe. Maar as more kom dan is jy weg, swaai ek in jou, jy om my, met retoriese-ritmiese bewegings wat alle voel laat wegkwyn. Sondaarsrust Ek rus As jy rus In my. (en) Om my Loop die duiwel rond Onder my Lê jou kop En in my Vasgepen Staan jy my gedagtes vol. Ek rus Op Sondaarsrust, by Sondaarsrust, Verby Het ek jou gemis? Jy is daar vir my as ek wil lag, Jy is daar as ek wil huil, Jy is daar vir my ten volle, klaar ver by my verby Nat-seisoen Ek het jou geteken koel en koud soos n grootwit yskas en uit jou uit het ek n bord vol vlamme gaskets so soepel-lopig soos die riviertjie in my agtertuin Jy was wit en rooi, geel en swart soos die bos Valentynsrose wat ek graag die jaar wou hê. Binne jou was dit donker en net ek kon jou met my hart verlig dan het jy jou lig oor my geskyn soos die helderste maanlig die sonnigste-geel middag, en die silwer sterre in die hemeruim op die mooiste, mooiste nag. En alles het mooi geword. Ek het jou geteken, koel en koud soos my yskas aan jou vas was ek geplak .. en uit my het ek gekerf n vlaag van woorde, net soos ek graag sou wou praat as ons n woordverwiselling gehad het. In jou, en in my, was n warboel van woede wat ons versigtig geleef het, gewater het met n hart. koos... My hart is nat Waar jy verby geskuur het Beskryf en besing die seer in jou En sing vir my Want jou woorde Tog so onbeskryflik hard Skree uit n sagte hart. Verlore liefde....... Voordat ek jou verloor het, het jy my soos yskoue roomys in die sandkorrels van ververlate eiland-strande laat bollemakiesie spoel-spoel, gety oor my kop Suig-suig, soutborrels in my op. Nadat ek jou begin verlang het, het ek seewiere, jellievisse en bloublasies gaan vang, geweeg, telig bevind en teruggejaag Sodat ek kon aangaan met my lewe het ek skulpe versamel, geleer hoe om branderplank te ry, lewensredder geword en gaan aftree op n onbekende strand. Noudat ek van jou vergeet het onthou ek weer hoe ek jou verloor het. Splinters En met een naam Gooi jy als omver, Breek als voor my In my en om my. En ek sien hoe my liefde verby flits, In een sekond, een milli-sekond. Waar was jy vanoggend toe ek wakker geword het soos n flenter in die bed? Waar is jy as nie hier is nie? Waar wil jy wees? n Onbeskryflike drang na vriendskap het my vanoggend oorval, en ek het besef dat ek nie meer het wat ek wil he nie, ooit gehad het? Nou se jy vir my ek speel rond met assumption, Ek dink en ek doen, nie waarvoor ek lus het nie, maar juis dit wat ek moet. Gaan jy my nog vashou daar in jou kop Net soos ek jou sal sement sal jy is ek en is jy? Saam is ons, En tog nie saam. Ek lê so die ander aand en ek sing in my kussing en ek bid dat Jesus tog daar is, dat Hy daar is maar ook tog hier, want ek voel Hom nie meer nie, Nou vra ek jou, en ek vra nou. Lief of nie, Getrou of nie, Myne of nie, Joune of nie, Ek of wie? Bedrieg My hart het my verlei. Om die bos gelei en belieg Wonder Wonder jy en wonder ek As jy ligvoets oor my lewe hop Met kanne vol more s Opgesluit in soveel herinneringe Vernuwing Ek speel met my mind en maak golwe met gedagtes Ou gedagtes wat verrrot is En ek vind daarin weer n stukkie lewe Om op te leef Sodat ek net eendag weer sal besef eks dood En daardeur weer begin lewe. Vriendelike afskeid En so laat ek jou dan gaan Want ek hou nog vas aan wat jy my gegee het Want ons saam gemaak het, So skoon en mooi en sag. Ek kyk nou in ander oë En ek voel n ander voel Sien n ander sien en jy is weg Maar ek skryf vir jou, Want ek weet jy kan nog Luister en Sien en Hoor En ek weet jy kan nog Voel. In my arms hou ek hom vas, En ek weet ek kan jou nie hê nie, Nie so nie, Onvoorwaardelik. Gryp jou dag aan, En jou lewe en Jou nuutgevonde liefde. En sing vir haar Lag vir haar, Wees lief vir haar, want More sal ek jou sien More sal ek weer voel, Maar vandag Is ek eers vomaak gelukkig. Vreemde geluk Woorde is hol gedagtes Ek rol dit om my hart Want êrens Rondom jou En rondom my En in ons hartekring Draai klanke rond Waar ons saam sweef in harmonie. En saam maar ook nie, Gelukkig, nooit nie, Vry, gebonde, Kreatief, eiewys, Verberg verewig. Vervreemde-liefling Ek skryf van sonneblomme En geluk Want jy My vreemdeling wat hier langs my sit Deel soveel herinneringe Waaraan ons altwee stik. Threesome... Twee n paar, drie n tros! My hart stik aan dowwe stof: Stof wat my hele lewe verdof. Ek staan soggens op En ek wonder oor more Ek wonder Oor wat kan wees En of ons nog lewe. Drie is so n croudy-getal Wat my laat wegloop, En tog ook tuis laat voel. Jy het my gistraand Bespring met haatlike gedagtes En nou tol my hart Hy rol in stof en modder. En dan word jy kleiner En net ons twee bly oor, Drie, weer eers vir later. Sonneblom Geel staan jy En paraat, Met jou gesig In myne Lewe spring Uit jou uit Wanneer jy In stomheid met my praat. Herinneringe vs. Memories My en jou môres Het reeds gister begin droom En nou wonder ek Wien van ek of jy, eerste gaan wakker skrik, uit die bed opsring en aan gister dink. Dis hoe dit is In n wereld vol verwikkelinge Waarvan ons nou nog meer wil leer. Gebeur daar soms soveel Ongevraagde dinge Wat nie ek of jy kan keer "Parisite-lover" Jy lê Op die bed - En in my gedagtes: Jou lyf grys, reeds lankal dood En opgeblaas, Om jou hart, En in jou kop Kruip duisende gedagtes rond. Jy groei mos al in die rondte, En om en om my lewe, Mos wat klam bly van die verlede, En aanhou groei en teel en teer, Lê jy op die bed En in my dedagtes - my lyf in joune, vanoggend gebore. Blomparade Gee vir my n Anna* Toegevou in n doos vol kannas, Rooi en geel en goud, En hoop vir my, Hê vir my, Skryf vir my n tuil vol blomme en wonder of ek jou dan nog wil hê. Anna Indiese Muntstuk Seer Jy is die opgeswelde oë wat my vanoggend begroet het Jy is die mes waarmee ek my toast nou smeer Ons botter gly daarvan af. Pasgetrout Heel aant hou ek dop die ring die man en die pop.... Hy speel met haar so sagkens en morsie met haar kop Hul vingers vleg voor tv Hul koeksister op die grond Hy vra of sy sal mee gee, sy skud rustig haar kop Wanneer hou diè liefde op? Sy ring sit om ha vinger Sy saad speel op haar skoot... Hoe hou mens dan diè liefde ...al voel dit dan jou hart is dood? Hoe voèl mens dan die lièfde as jou hart lei an hongersnood.. Hoe kèn mens dan die lièfde as jou hart klop op halwe brood Butterfly Dis wanni ek ... laatnag dronk innie kop my kissing bespring wat my kop te swaar raak vi my lyf en ek norig om an jou vlinderways te moet dink... Untitled 1 Om te gryp mar ok te hê Om te geniet mar ok te hou Dis die mystery van ons saamwees wat my altyd sal omvou. Untitled 2 Die nag lê in droomland waar ek in my smart lê kaal met sigaret,koffie en bedlamp om die donker te bewaar. Dis snag wanneer die donkir my kom haal, dan wat my hart in sy swart verdwaal Afskeid Ek proe jou naam versigtig Fluister dit soos die sagte woorde van 'n herfsgedig. En ek weet soos ons nie meer is nie sal die spruite van ons saadskiet ons harte nog omvou En as dit rookvaal skemer word sal bloeisels bot en liefde ontwaak. Ek ruik die soet-soet geur van afskeid as jou naam... my tong,my lippe raak... Tafelberg Verdwaal na jou my Tafelberg Verdwaal om in jou son te verf. en om op ontydige somersreendae soos vandag deur jou stormwindedie woorde uit my uit te lag. Diepsee Uit die bloue kou van destydse bestaan. spoel jou warm woorde strome oor my sielsgelaat... .....stroms wat branders word, branders wat rotse breek, rotse wat standvastig knak... koebai again... Die maan met sy skewe lag le skyns vinaant.. Van oor tot oor, nie net gehoor... en jou oë... Jou oë praat 'n vreemd bekende taal wannir jy derie silwer sterre na my staar... Winter of 29 Ekt vanoggend besef die winter kruip nader.... vamiddag sy kou geproe.. En vanaant.... vanaant my weerstand begin gader.... Sjjjjt.... Kruikie-moer-my-nie, suutjiestrap... Dis wanni jy ligvoets met sagte woorde en glimlag oë my siel binnedring wat die vilede ons keer, en tyd herinner an allie seer.