Dis ek my kind deur music fan 2 Dis ek my kind My mooie seun Wat jou help Om jou daad elke oomblik die interdik so veilig te bewaar daar in jou kas Jou brein oorheers Jou gedagtes heeldag melk Jou elke dag te laat dink Hoe ek jou help om jou net vaster aan haar te bind. My pragkind, my goeie slaaf Wees elke dag oor haar paraat gebruik my raad lê jou interdik naby sodat jy dit vinnig kan kry as sy dalk net vergeet en eendag tog in jou siel rondry net jammer tog, my arme kind dat sy vrygekoop die Here dien haar rug op jou gedraai en jy met die interdik in jou hand en ek, Lucifer, jou brein daarmee bind